Nasionale simbole - Reisverslag uit Kaapstad, Zuid-Afrika van Herman en Carla Warnik - WaarBenJij.nu Nasionale simbole - Reisverslag uit Kaapstad, Zuid-Afrika van Herman en Carla Warnik - WaarBenJij.nu

Nasionale simbole

Blijf op de hoogte en volg Herman en Carla

29 Augustus 2018 | Zuid-Afrika, Kaapstad

Die Nasionale vlag van Suid Afrika

Hierdie vlag was amptelik aanvaar op op Vryheidsdag, 27 April 1994. Dit was ook toevalig dieselfde dag wat Neson Mandela ungehuldig is as President.
Die hoof idee agter die ontwerp van die vlag is die samevloeiing van verskillende elemente binne die diverse Suid Afrikaanse gemeenskap tot eenheid. Daar is al bespiegel dat dit die derde mees erkenbare vlag ter wêreld is.

Die Nasionale dier – Die Springbok

Die Springbok (Antidorcas marsupialis) is die Nasionale dier van Suid Afrika. Die Nasionale Rugbyspan is ook vernoem na hierdie mooi bokkie. (Die Springbokke)
Daar is selfs ‘n drankie, Die “Sringbokkie” gemaak van Peppermint en Amrula liquer wat die groen en goud kleure vertoon, net soos die Nasionale Rugbyspan.
Die Springbok kan baie hoog en vêr spring en so is hy gepas die “Springbok” genoem. Die bokkie weeg ongeveer 40kg en staan ongeveer 75cm hoog. Beide die wyfie en mannetjie het horings, maar die horings van die mannetjie is growwer en dikker. Die Springbok kom meestal in die droeë en oop areas van Die Vrystaat, Noord Wes en Karoo en Weskus van Suid Afrika voor.

Die Nasionale Voël – Die Bloukraanvoël

Hierdie lig grys-blou voël (Anthropoides paradisia) wat bykans alleenlik in Suid Afrika voorkom, staan ongeveer een meter hoog en het lang dun bene en groterige kop en het pragtige lang vere op die vlerke. Die eiers word gewoonlik in die oop veld gelê en die voël is meestal stil, maar kan ok ‘n herkenbare hoë noot krakerige geluid maak.
Hulle kom veral in die Karoo, die grasvelde van Natal en Die Overberg in Die Kaapprovinsie voor.

Nasionale Blom – Die Konings Protea

Die Koningprotea kom wydverspreid voor in die Suid- Westelike en Suidelike gedeeltes van die Wes-Kaap van Suid Afrika. Dit is die grootste van al die Protea- soorte en vorm deel van Kaapse Blom koninkryk genaamd “Fynbos”.
Fynbos bestaan uit Proteas, Erikas en verskillende tipes gras. Hierdie streek is ook een van 6 plantkoninkryke in die wêreld en ook ‘n Wêrelderfenis gebied.
Die Koningprotea is ook die Nasionale Krieketspan se embleem en kom ook voor op die 50 sent munstuk van die Suid Afrikaanse geldeeenheid.

Nasionale vis – Die Galjoen

Die Galjoen (Dichistius capensis). word gesien as die droomvangs van enige visserman. Die vis word gevind tussen die land Namibië en Durban en nêrens anders in die wêreld nie.
Hy is onder vissermanne bekend vir sy veggees, hy is redelik skaars vis om te vang en byna soos ‘n visserman se trofee. Hy word gewoonlik gevang in rowwe water naby aan die kus en betreklik vlak waters. Naby aan rotse is die galjoen byna swart van kleur maar in sanderige grond is hy Silwer brons van kleur.

Nasionale boom – Die Geelhoutboom

Die Geelhoutboom groei al langer as 100 miljoen jaar in hierdie deel van Afrika. Die egte Geelhoutboom (Podocarpus latifolius) word geind vanaf Tafelberg, langs die Sui den Oos kus tot by die klowe van die Drakensberge en die Blouberge in Limpopo Provinsie.
Die hout is bekend vir die duursame meubels wat daarvan gemaak kan word en in die oud ae was die hout veral gebruik vir houtbalke en vloerplanke van die pragtige Kaaps Hollandse wonings. In woude kan die bome tot 40m hoog groei en selfs 3m in deuersnee.
As ‘n Geelhoutboom afgekap word of omval laat dit gewoonlik ‘n groot gaping in die woud wat meer son inlaat en die plantegroei, veral groei van varings kan belemmer.

Reageer op dit reisverslag

Je kunt nu ook Smileys gebruiken. Via de toolbar, toetsenbord of door eerst : te typen en dan een woord bijvoorbeeld :smiley

Verslag uit: Zuid-Afrika, Kaapstad

Herman en Carla

Actief sinds 25 Juli 2016
Verslag gelezen: 2531
Totaal aantal bezoekers 22325

Voorgaande reizen:

09 Augustus 2018 - 29 Augustus 2018

Rondreis Zuid-Afrika 2018

19 November 2017 - 24 November 2017

Lissabon november 2017

27 Augustus 2017 - 15 September 2017

Indonesië 2017

23 Augustus 2016 - 11 September 2016

USA 2016

Landen bezocht: